Liewe kollega en sinode ganger
Dankie dat u hierdie webblad besoek. Sterkte met die belangrike taak van die sinodesitting van die week. Al die relevante skakels is aan die kant aangebring. Indien u verlore raak is daar ‘n maakpas ‘menu’ skakel ‘sinode’ by die hoof-menu aangebring. Die skakels sal meer informasie bied. Hiermee ‘n kort oorsig.
[accordion]
[accordion_toggle title=”Organisasie Praxis”]
Die vermelde nagraadse fokus op Organisasie Praxis word vanuit Praktiese Teologie by verskeie universiteite aangebied. Dit handel oor aspekte rondom leierskap, bestuur en professionele hulpverleningsprofessies soos ‘coaching’ fasilitering en korporatiewe beradering. Soos wat ‘n mens organisasie- of industriële sielkunde kry is die maklikste manier om hieroor te dink om dit ‘organisasie praktiese teologie’ te noem. U kan inskryf om betyds te wees vir ons volgende ontmoeting in Pretoria 2-6 November 2015. Daar is vier kontakgeleenthede deur die jaar.
[/accordion_toggle]
[accordion_toggle title=”‘Ecotone'”]
‘Ecotone’ is ‘n multidissiplinere professionele geleentheid waar sakeleiers, en professionele hulpverleningsprofessies byeenkom as ‘n besigheids leer gemeenskap. Dit word gekoppel aan die Organisasie Praxis program en vind telkens op die laaste dag van ‘n gegewe kontakweek plaas. U hoef nie ‘n nagraadse student te wees nie maar nagraadse studente woon wel verniet by. Die opkomende geleentheid handel oor Gespreksmatige Organisasie Ontwikkeling. Voriges het ingesluit ‘Reinventing Organisations’ ‘Organisasie Leierskap’ en ‘Werkplek Spiritualiteit’
[/accordion_toggle]
[accordion_toggle title=”Persoonlike en Korporatiewe Afrigting”]
Die ‘Gevorderde persoonlike en korporatiewe afrigting (‘coaching’)’ kursus kan ook bygewoon word in afsonderlike vier dele: Narratiewe coaching, Gevorderde narratiewe praktyk, Gevorderde GROW coaching en Kontekstuele-Deelnemende Coaching. Die laasgenoemde moet nog plaasvind en word op die ‘menu’ aan die kant ook aangebring.
Hierdie kursusse is voortgesette opleidingskursusse en is daarom nogals nie goedkoop nie. Wat ek tans doen is om hierdie inhoud ook in die nagraadse navorsingskursus (Organisasie Praxis) in te werk omdat daar gewoonlik beurse beskikbaar is vir navorsingstudies op nagraadse vlak.
[/accordion_toggle]
[accordion_toggle title=”Professionele interdissiplinêre raad”]
Ons is tans besig om te kyk na die vestiging van ‘n interdissiplinere raad vir professionele hulpverlenende professies. Die organisasie Signo gaan homself daarmee bemoei wat tans sy fokus verander vir hierdie uitsluitlike doel. Een aspek van Signo wat op u van toepassing is, is die volgende. Dit spreek die dilemma aan dat leraars gewoonlik baie jare se ervaring het in aktiwiteite wat verband hou met fasilitering, berading, coaching en meer. Die raad gee erkenning daaraan en wil dit op ‘n gelowaardige wyse bevorder en vir diesulkes moontlik maak om professioneel buite die ruimte van die kerk erkenning te ontvang (soos vir tenders, korporatiewe betrokkenheid, privaat praktyk en meer).
Hierdie maatskappy word deur ander bygestaan om die doel te verwesenlik om ‘n interdissiplinêre raad daar te stel waaronder leraars se vaardighede ook buite die kerk ruimte erken word.
[/accordion_toggle]
[/accordion]