Beradingsdienste

[custom_frame_right shadow=”on”]Beradingsdienste[/custom_frame_right] Beradingsdienste moet nie net gesien word as dat daar iets fout is nie. Dit kan ook gesien word as onderteuning om by ‘n plek te kom van optimale ontwikkeling en verhoudings. Daar is ‘n verskeidenheid dienste wat ek aanbied wat werk met hierdie optimale ontwikkeling van individue, paartjies, families, groepe/spanne, organisasies.

[udesign_icon_font name=”fa fa-map-marker”] Beradingsdienste in Centurion (Pierre van Ryneveld) of breër Pretoria Oos omgewing (veral Waterkloof Glen). Vind kontakbesonderhede aan die onderkant van die bladsy. [udesign_icon_font name=”fa fa-car”] Op versoek is ek bereid om te reis en berading in te deel oor ‘n tydperk van x-hoeveelheid oggende.  Daar is bepalings en voorwaardes hieraan gekoppel. [udesign_icon_font name=”fa fa-globe”] Beradingsdienste is ook aanlyn in verskeie vorme moontlik. Meer daaroor hier.

Meer oor familieterapie en tipes berading

[custom_frame_right shadow=”on”]Family therapy[/custom_frame_right] Ek bied spesialisberadingsdienste aan as ‘n familieterapeut wat ‘n klomp areas insluit. Familieterapeute kan natuurlik die hele familie sien (gesamentlik of afsonderlik). Hulle is ook geneig om te glo dat die oplossings van die lewe gevind word in verhouding tot mekaar en dat dit wat ons as probleme beleef ‘n produk is van verhoudings eerder as ‘n inherente tekortkoming van enige van die partye.

Areas van berading

Tipes berading of temas wat ek aanbied wat onder familieterapie voorkom:

  • Familieterapie (afsonderlik of gesamentlik met die hele gesin)
  • Huweliks-/ en verhoudingsberading
  • Kinderterapie
  • Konflik van kinders onder mekaar (‘sibling rivalry’)
  • Tienerberading
  • Egskeidingsberading
  • Hersaamgesteldegesinne
  • Lewenssiklusberading
  • Huweliksvoorbereiding
  • Ouerbegeleiding
  • Ouer-kind verhoudingsherstel/ hereniging
  • Angs en depressie
  • Temas rondom identiteit
  • Temas rondom geslag
  • Temas rondom mag, magsmisbruik en selfbemagtingsgesprekke
  • Siekte, rou prosesse en verliesgesprekke
  • Geestelike begeleiding
  • Kritiese besluitnemingsgesprekke (Sien verwysing en aanbevelingsgesprekke)

Verwysing en aanbevelingsgesprekke/ konsultasie

[custom_frame_right shadow=”on”]Coaching and Counselling Crucial Decisions[/custom_frame_right] Om by die regte persone uit te kom en vir die regte redes is nogals ‘n kuns in die lewe.

Daar word dikwels nie met genoeg omsigtigheid betslutie geneem oor gesprekke soos ‘moet ek skei’ of ‘moet ek van werk verander’ nie. Let wel die doel van hierdie gesprekke is nie vir my om vir jou te sê of jy moet skei en of jy jou werk moet verander nie!

Met egskeiding as ‘n voorbeeld. Die punt is dat as jy eers by ‘n prokureer is of in mediasie is, is jy reeds in ‘n proses waarin skei die uiteinde is. Dit word ‘n stroom wat jou meesleur en jy kom moeilik daaruit as jy begin twyfel. Dan het jy ookal baie geld uitgegee. Daar word dikwels emosies losgemaak en vyhandigheid geskep wat ‘n polariserende uitwerking het (dink ‘boksgeveg’) en enige moontlikheid van herstel van die tafel afvee.

Ek help jou om die prosesse deur te praat en uiteindelik by ‘n verantwoordelike besluit te kom wat soveel as moontlik opsies en moontlike konsekwensies deurdink het. Dan vind een van drie dinge plaas: 1) Ek verwys jou, na ‘n mediator, of spesifieke persoon na gelang van jou situasie 2) Ek beveel aan wie dalk ook deel moet wees van die proses 3) Gegewe wat moet gebeur besluit ons dan of ek hoegenaamd verder ‘n rol speel en of ek daar is vir basiese beradingsondersteuning en begeleiding deur die proses.

  • Voor-egskeiding / voor-regs, voor-mediasie gesprekke (‘Ek dink daaraan om te skei’)
  • Beroepsveranderingsgesprekke (‘Ek wil van werk verander en bedank’)
  • Afleggingsgesprekke aan die kant van die werknemer en werkgewer (‘Ek word afgelê’ ‘Ons gaan moet herstruktureer’)
  • Enige ander kritiese besluitnemingsgesprekke

Hierdie tipe gesprekke verlang beide beradings en ‘coaching’ vaardighede.

Ander aspekte om te belig

Benadering

  • Die gebruik van ‘n narratief-terapeutiese benadering (met ander woorde kliente se verhale en ervarings as die basis vir gespreksvoering en uitkomste)
  • Die gebruik van musiek en enige vorm van kunste in ‘n narratief-terapeutiese benadering
  • Openheid ten opsigte van godsienstige of geestelike temas (op versoek van kliente of soos dit natuurlikerwys uitkom in gesprek)
  • ‘n Deelnemende benadering wat soveel struktuur gee aan die proses soos ons daaroor ooreenkom en by tye dalk nodig sal wees om te verander

Fooie

Daar is verskillende fooiestrukture omdat daar ooreengekom word oor hoe en hoeveel ons saamwerk en daar ook verskillende tipe dienste is. Versoek asseblief fooieskedule by wyse van epos.

Kontakbesonderhede

[accordion scroll_into_view=”no”]
[accordion_toggle title=”Epos”]consult[AT]elmopienaar[DOT]com[/accordion_toggle]
[accordion_toggle title=”Nommer”]082 410 7645 (Of stuur gerus ‘n epos en ek skakel om ‘n afspraak te reel)[/accordion_toggle][accordion_toggle title=”Onmiddelike beskikbaarheidsnavraag”]Hierdie skakel neem u direk na ‘n navraag in my daboek.[/accordion_toggle]
[/accordion]