Professionele dienste
Daar word na die onderstaande tipie dienste as professionele-/ of vaardige hulpvereleningsdienste verwys. Hierdie dienste wat gesien word as gesprekshulp, ondersteuning of bystand benader mens vanuit ‘n bepaalde siening of onderrig wat mens ontvang het.[custom_frame_right shadow=”on”][/custom_frame_right]
My dienste sluit die volgende in:
- Spesialisberading
- Afrigting (‘Coaching’)
- Mentorskap
- Fasilitering
Die Afrigting, Mentorskap en Fasiliteringsdienste-bladsye moet nog in Afrikaans omskryf word. In die tussentyd besoek gerus hierdie bladsy.
Dienste is geskik vir:
[udesign_icon_font name=”fa fa-check-circle”] Privaat / Persoonlik
[udesign_icon_font name=”fa fa-check-circle”] Organisasie/ Korporatief
[udesign_icon_font name=”fa fa-map-marker”] Dienste soos vir berading of ‘coaching’ word hoofsaaklik in Centurion (Pierre van Ryneveld) of Pretoria Oos omgewing aangebied (veral Waterkloof Glen) behalwe vir dienste wat vereis dat ek by kliente moet wees.
[toggle_content title=”Die verband tussen sielkunde en ander beradingsdissiplines”]
Van hierdie dienste, veral berading, is betekenisvol verwant aan sielkundige dienste. Dit kan wees dat daar ‘n persepsie leef dat sulke dienste op ‘n laer vlak is as die van ‘n sielkundige, wat nie noodwendig die geval is nie. Hou in gedagte dat sielkunde nie die enigste dissipline is wat aktief met menslike gedrag werk of navorsing daaroor doen nie.
So is daar ook algemene of kliniese maatskaplike werk. In my geval kom ek uit die lyn van pastorale berading of terapie. Ek het as ‘n pastorale familieterapeut my PhD behaal en hierdie roete neem tot twaalf jaar. Dit is ‘n lyn wat mens deur die teologie neem. Om op hierdie roete ‘n berader te word moet mens dit doen via die subdissipline van ‘praktiese teologie’ en daaronder ‘pastoral sorg en berading.’ Gevolglik word dit gesien as spesialis berading. In my geval is ek ook al ‘n geruime tyd op ‘n voorgesette opleiding en na-doktorale vlak hiermee besig (soos vir ‘coaching’) in soverre dit persoonlike en organisasietemas aansny.
In baie gevalle deesdae is die verskil tussen die dienste vanuit ander dissiplines en die vanuit sielkunde weglaatbaar klein. Maar bygesê dit hang ook af van watter lyn van opleiding binne die sielkunde die sielkundige geneem het. So is daar byvoorbeeld dissiplines of bepaalde wetenskaplike perspektiewe binne hierdie dissiplines wat nie belangstel in diagnostiese toetste of diagnoses nie. Uiteindelik sal dit nuttig wees om navraag te doen oor die spesifieke dienste of temas wat die professionele persoon hanteer. Moet asseblief nie huiwer om te vra nie.
[/toggle_content]
[custom_frame_left shadow=”on”][/custom_frame_left]
[custom_frame_left shadow=”on”][/custom_frame_left]
[custom_frame_left shadow=”on”][/custom_frame_left]
[custom_frame_left shadow=”on”][/custom_frame_left]
[custom_frame_left shadow=”on”][/custom_frame_left]